Dit was met die “swaar dra al aan die een kant” gedeelte van die koortjie van die liedjie wat deur my kop gemaal het dat daar ook ‘n doodse donkerte in my hart en in my maag kom lê het. Na ‘n koorsagtige bymekaarmaak van besittings wat dwarsoor die huis rondgelê het, het ek en die kinders op die sypaadjie gestaan om te groet. Toe hulle om die hoek ry het my trane soos reën geval. Dit was die einde van nog ‘n vakansie en die laaste een wat ons by hierdie adres sou hê.
Drie weke se vakansie in jou huis in die geselskap van‘n mens se nageslag wat hulle eie huise