Landbouweekblad

Briewe

POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com

Tabak vs. dagga

Toe ek ’n kind was, het byna alle volwasse mans gerook. Ongelukkig heelwat vroue ook. Daar is snaaks gekyk na mans wat nié gerook het nie. Party mense het selfs in hul slaapkamers gerook en, onbewus van die onbedagsaamheid, soms ook aan die eettafel en voor kinders. Ook in motors met toe vensters. Dit was alles aanvaarbaar.

Seuns het vroeg-vroeg vir Pa en Oupa agter die kraalmuur gaan na-aap. Perdemis en sommige soorte blare moes as tabak in handgemaakte pype dien.

Onthou u nog van die advertensies uit ons kinderdae, soos “Men of the world smoke Max!” en ander wat hul produkte besing het. Spies van Oudtshoorn se pyp- en pruimtabak in ’n katoensakkie wat jy kon hergebruik was net so wêreldbekend as die volstruise van daardie omgewing.

Met die jare het dinge verander en al hoe meer mense het bewus geraak van die gesondheidsgevare wat rook inhou. Dit het mode geword om nie te rook nie en die staat het toegewyd gehelp om dié ongesonde en selfs gevaarlike gewoonte vir sommige mense te bekamp.

Nou berig die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) tevrede dat die getal rokers steeds daal. In 2022 het een uit elke vyf volwassenes gerook. Dit is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related