HOE GEMAAK MET MY ONTROUE VROU?
V Ek en my vrou is baie jare getroud en ons kinders is reeds uit die huis.
My vrou het swanger geraak toe ons nog uitgegaan het, en ná ’n kort verlowing is ons getroud.
My werk het my baie uitstedig geneem. My een familielid het laat val dat my vrou ander mans onthaal wanneer ek weg is. Ek het dit afgelag.
Later het ons ’n tweede kind gehad en moes ons na ’n groter huis trek. Die bure het in ’n stadium ook vir my vertel dat my vrou manlike besoekers kry.
Sy het alles ontken