Landbouweekblad

Verkoop van aandele beste belegging in Karooveld

Veldrehabilitasie

Hy dink hy is die enigste ou ter wêreld wat bietou onder drupbesproeiing kweek. Dít is ’n akkurate opsomming van Mattie Oosthuizen se benadering tot veldverbetering. Dié afgetrede ingenieur sal hom nie deur enige beperking laat onderkry om die veld op sy plaas te omskep in funksionerende ekostelsels wat altyd besig is om te verbeter nie.

Toe hy Droomplaas by Barrydale in November 2013 gekoop het, het die meer as 500 bokke van die vorige eienaar die veld “morsdood” gevreet. “Hier was amper nie eens ’n Scholtzbossie (besonder onsmaaklike plant) nie, net grond, rots en slote.”

Mattie het eers ’n huis gebou en toe begin om die 16 km-grensheining van die 1 200 ha-plaas te herstel. “In 2015 het ek net drade reggemaak. Dit voel vir my ’n plaas moet darem ’n draad om hê.”

Dieselfde jaar het dit só baie gereën dat die Poortjieskloofdam, nie ver van sy plaas

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding