Landbouweekblad

WEIDINGMENGSELS EN BEWARINGSBOERDERY Laat grond herleef

Dit is droog in die Klein-Karoo – al jare lank. Dit is die droogste in 60 jaar, volgens mnr. Swepie le Roux van Domein Doornkraal by De Rust, wat al dekades lank hier boer.

Een van sy bure, mnr. Barry Meijer, wat sy beeskudde van 400 tot 37 verminder het en net 14 ha van sy 50 ha weidingskampe kan besproei, sê dit is weens klimaatverandering.

Hy meen boere het die gereedskap om klimaatverandering teen te werk deur herlewingslandbou om vernielde landskappe te herstel.

Meijer boer op die plaas Meijer’s Rust by Meiringspoort met Bonsmaras op aangeplante weiding. Daar is ook vakansiehuise, ’n kampplek en stap- en bergfietsroetes.

Op die internet handel sy gunstelingvideo’s oor die restourasie van die Loessplato in China en die werk wat in Ethiopië gedoen word.

“Die restourasie van die Loessplato is

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad1 min read
Arthur De Villiers Se Bonsmaras Weer Gewild
Daar was min uitskieterpryse, maar goeie gemiddelde pryse is op 10 April op Arthur de Villiers van Vrede se jaarlikse AG Bonsmara-veiling behaal. Ondanks die droogte en sukkelende ekonomie was die veiling baie suksesvol en De Villiers sê hy is tevred
Landbouweekblad1 min read
Algehele Uitverkoping Van Kyksim Simmentalers
Uitstekende beeste en teelmateriaal is op die algehele uitverkopingsveiling van Kyksim Simmentalers van Berrie Botha aangebied. Die veiling is op 13 April in die Outeniqua-veilingskompleks in George. Altesaam 115 diere is aangebied. Die hoogste prys
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding