DEKGEWASSE LANGS DIE ORANJE Talle voordele, maar bestuur dit fyn
Dekgewasse vul verskillende gapings en stel tekortkominge reg in tafeldruifwingerde in die Benede-Oranjeriviergebied van die Noord-Kaap.
Boere daar moet planne beraam vir grond wat baie varieer, somerhitte, wind, onkruid en swamsiektes, stygende insetkoste én streng markvereistes.
Mnr. Danie Steyn, hoofbestuurder van die tafeldruiwevertakking van Oseiland-boerdery by Augrabies, sê hulle het dekgewasse in die werkrye begin vestig nadat hulle in 2004 vir die eerste keer met presisieboerdery begin het.
Omdat die grond so baie varieer oor klein oppervlaktes, het hulle die boerdery se grond blok vir blok laat karteer.
“Uit die ontledings kan ons baie afleidings vir besproeiing maak aan die hand van die waterhouvermoë van die grond en waar dit verdig is. Ons het ook met dekgewasse, soos sigorei met sy diep penwortelstelsel, begin eksperimenteer om verdigtingslae op te hef.”
Die boerdery vestig grasse, soos eenjarige raaigras en hawer, om onkruid te bekamp en weg te kom van chemiese onkruiddoders. Steyn waarsku egter dat die grond skoon moet wees voor jy met dekgewasse begin. Die gehalte van die saad is ook baie belangrik. Dit moet 100% vry van onkruidsaad wees.
You’re reading a preview, subscribe to read more.
Start your free 30 days