DIE Amerikaanse ruimteagentskap, Nasa, en die lugvaartmaatskappy Lockheed Martin het ’n eksperimentele “stil” supersoniese vliegtuig bekendgestel wat ’n omwenteling in passasiersvlugte kan help bring.
Die fokus van Nasa se Quesst-projek, waarin die X-59-proefvliegtuig sentraal staan, is om die weg te baan vir ’n nuwe generasie kommersiële