Anderkant die reënboog
Met die Europese boere wat tans so moles maak, het ’n interessante vraag in een van ons nuusvergaderings opgeduik. Sal dit enigsins ’n verskil maak as ons vrugteboere in die Wes-Kaap hulle pêlle in die noorde vra om met hul groot trekkers op te ruk Uniegebou toe om kapsie te maak oor al die skandes by die Kaapstadhawe (bl. 16)?
Duitse boere versper immers al wat ’n hoofweg