BIBI is in die Babbelboomhuis besig om prentjies teen ’n groot bord op te plak. Paloeka die leeu blaai deur een van die tydskrifte op die tafel en Palawa die kameelperd knip ’n prentjie uit. ’n Klomp prentjies wat vroeër uitgeknip is, lê op die tafel.
“Goed, Palawa, wat is jou eerste droom?” vra Bibi.
“Sjoe, waar sal ek begin? Ek het so baie drome,” sê Palawa.
Sy soek tussen die prentjies voor haar en lig ’n prentjie van ’n polisiehoed op. Sy wys dit vir Bibi.
“Ons kan solank hierdie een op die bord plak. Dis