SARIE

MAVE RICKS VAN MÔRE

HIEROOR PRAAT ONS

Sy is dalk net 1,42 meter lank, maar die Amerikaanse gimnas Simone Biles is ook die G.O.A.T. – Greatest of All Time. ’n Generasie Z-term, wat verwys na die allerbeste van die beste. Haar generasie. En een waarop Simone trots is.

Gen Z is die groep wat gebore is tussen die middel-1990’s en die vroeë 2010’s. Hulle is tegnologie-boffins, sosiale aktiviste, TikTok-verbruikers, sosialemedia-ghoeroes, fuifkykers, slengskeppers, voorstanders van geestesgesondheid, aanlyn kopers, aanhangers van die kanselleerkultuur, en uitdagers van gender-voornaamwoorde. Hulle is ook die eerste groep wat met selfone grootgeword het, en nes die millenniërs het hulle al twee resessies beleef – 2008 en 2020.

Volgens Jo Munnik, ’n Suid-Afrikaanse filmregisseur en voormalige CNN-joernalis, kan hierdie generasie nie ingeboks word nie. “Hulle is letterlik ’n uit-die-boks-generasie. Forward thinkers. Ek meen daar is geen generasie wat met identiteit omgaan soos Gen Z nie. Hulle probeer hulself uitpluis, hulself verstaan. Hierdie generasie is ongelooflik!”

Verlede jaar het Jo haar moue opgerol en die regie behartig van ’n, wat op M-Net uitgesaai is, het gefokus op hoe hierdie einste generasie sosiale kwessies en onderwerpe soos seks, dwelms en die toekoms sien. Verskeie rolspelers en lede van dié generasie het met Jo gesels.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Leef Binne Na Buite
Marcus se huis is soos ’n treinstasie met ’n vloei van mense wat gou kom inloer, maar toe die huis in aanbou was, het hy ’n frons of twee van die plaaslike inwoners gekry. As argitek wou hy hê die huis moet sy opleiding in die modernistiese styl weer
SARIE1 min read
Sarie
REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 082 934 5226 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 072 041 3393 KOSREDAKTEUR Herman Lensing SKRYWER EN ASSISTENT MODE EN KOS
SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■

Related