Huisgenoot

Geniet yskoue TERTE

t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s

DRIELAAGJOGURT-TERT met BESSIES

LEWER 1 MIDDELSLAGTERT / BEREIDING: 30 MIN. VERKOEL: 1 UUR 30 MIN. / STOL: 4-6 UUR / OORNAG

KORS

◗ 200 g vesel-of Tennisbeskuitjies, fyngedruk
◗ 100 g botter of margarien, gesmelt
◗ 15 ml (1 e) ligbruinsuiker (opsioneel)

LAAG 1

◗ 250 ml (1 k) dubbelroom-natuurlike jogurt
◗ 30-45 ml (2-3 e) aarbeikonfyt
◗ 250 ml (1 k) vars of bevrore bloubessies
◗ 10 g gelatien, gespons in 30 ml (2 e) water

LAAG 2

◗ 250 ml (1 k) dubbelroom-natuurlike jogurt
◗ 45 ml (3 e) aarbeikonfyt
◗ 250 ml (1 k) vars of bevrore frambose of aarbeie
◗ 10 g gelatien, gespons in 30 ml (2 e) water

LAAG 3

◗ 1 x 80 g-sakkie kersiejelliepoeier
◗ 125 ml (½ k) kookwater
◗ 125 ml (½ k) koue water

AFRONDING

◗ vars bessies

Voer ’n 20 cm-ronde losboomkoekpan met bakpapier uit en bespuit goed met kossproei.

1 Kors Meng die koekiekrummels, botter of margarien en suiker goed. Versprei die mengsel eweredig op die bodem van die pan en druk stewig vas. Verkoel tot nodig.

2 Laag 1 Plaas die jogurt, konfyt en bloubessies in die bak van ’n voedselverwerker en pols tot glad en goed gemeng.

3 Verhit die gelatien 10-15 sek. in die mikrogolfoond of tot net gesmelt. Voeg by die jogurtmengsel en pols tot goed gemeng.

4 Skep die mengsel bo-op die kors, versprei eweredig en verkoel minstens 30 min. in die yskas.

Herhaal stap 2 en 3 met die bestanddele vir dié laag. Skep die mengsel versigtig bo-op die eerste laag en versprei liggies. Verkoel minstens 1 uur

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Huisgenoot
REDAKSIE 021-406-4552 REDAKTEUR Yvonne Beyers NUUSREDAKTEURS Cyril Blackburn, Suzaan Hall EINDREDAKTEUR Hugo Loubser PRODUKSIEREDAKTEUR Marius Visser INHOUDSREDAKTEURS Deon Lamprecht, Johannes de Villiers, Susan Samuel TEKSREDAKTEURS Brenda Pienaar,
Huisgenoot5 min read
’n Beter Lewe Vir Elijah
DIE blondekoppie sit knus op sy ma se skoot, en Michanka van Zyl skep met ’n teelepel van die koffie uit haar koppie en voer dit vir klein Elijah. Die mannetjie drink gulsig aan die boeretroos. Hy is al een jaar oud, maar hy kan nie self ’n lepel na
Huisgenoot5 min read
Voor Jy Kan Sê Mes
MY MA. Dis waar ek leer vis vlek het. Ek was 14 toe my ma my saam gevat het hawe toe. Sy’t elke aand huis toe gekom en dan sien ons hoeveel geld sy het. “Hulle’t klomp geld, nè?” het ek en my broertjie altyd vir mekaar gesê. Ons wou ook daar werk. Ee

Related