Huisgenoot

Dekadente TERTE

t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s

VERRUKLIKE APPELTERT

LEWER 1 GROOT TERT (27 CM IN DEURSNEE) BEREIDING: 30 MIN. / GAARMAAK: 50-60 MIN.

Onderin kry hierdie appeltert tuisgekookte appelmoes. Daarna word ’n kaaskoekvulsel oorgeskep voor dit sierlik afgerond word met kringe appelskyfies. Nie net sag op die oog nie – dis ook ongelooflik lekker!

VOEDSEL-VERWERKERDEEG

◗ 200 g botter, in stukkies gesny
◗ 180 ml (¾ k) versiersuiker
◗ 500 ml (2 k) koekmeel
◗ 80 ml (⅓ k) mielieblom
◗ yswater

APPELMOES

◗ 4 geskilde appels, ontkern en in stukkies gesny
◗ 200 ml vars lemoensap (sowat 3 lemoene)
◗ fyngerasperde skil van 1 lemoen

MAASKAASVULSEL

◗ 100 g gladde geroomde maaskaas
◗ 60 ml (¼ k) romerige natuurlike jogurt
◗ 7,5 ml (1½ t) mielieblom
◗ sap en gerasperde skil van halwe suurlemoen
◗ 1 eier
◗ 45 ml (3 e) bruinsuiker
◗ 2-3 appels, ontkern en in papierdun skyfies gesny

AFRONDING

◗ gladde appelkooskonfyt of heuning vir oorverf
◗ romerige jogurt (vir voorsit)

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n 27 cm-losboom tertpan goed met kossproei.

Plaas al die bestanddele vir die kors buiten die yswater in die bak van die voedselverwerker en pols tot goed deurgewerk en glad. Voeg ’n bietjie yswater by, indien nodig, en meng tot

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Vier Die Liefde
Hy het byna twee dekades gelede gesing oor sy “Jessie baby” – sy was ’n Jessica aan wie hy tóé al sy ewige liefde verklaar het. Die ironie, natuurlik, is dat die rasperstemsanger RAY DYLAN nie in 2007 geweet het wie dié Jessica is nie, tot hy haar se
Huisgenoot5 min read
Voor Jy Kan Sê Mes
MY MA. Dis waar ek leer vis vlek het. Ek was 14 toe my ma my saam gevat het hawe toe. Sy’t elke aand huis toe gekom en dan sien ons hoeveel geld sy het. “Hulle’t klomp geld, nè?” het ek en my broertjie altyd vir mekaar gesê. Ons wou ook daar werk. Ee
Huisgenoot5 min read
Toe’s Dit Al Die Tyd Jy
MENSE praat graag van tweede kanse, maar soms vat dit net tyd vir die régte kans om te kom. Dan is dit eintlik die enigste een wat saak maak. Dis minder as ’n week nadat die aktrise Dorette Potgieter op 51 getroud is met die ingenieur Hennie Karsten,

Related