Huisgenoot

SÓ HET HY ONTSPOOR

‘ONS DOGTER SE HUWELIK WAS NOOIT WEER DIE-SELFDE NIE OMDAT WERNER KONSTANT GELIEG HET EN SIEL-KUNDIGE PROBLEME GEHAD HET’

WANNEER jy hoor van ’n pastoriegesin, wil jy jou verbeel hulle moet ’n stralende, gelukkige huishouding wees – geestelik gesond en liefdevol.

Maar hoe nou? Die een helfte van die pastoriepaar De Jager is dood en die ander helfte staan met ’n grys stoppelbaard in die beskuldigdebank, smeek vir sy pille, en gaan waarskynlik op 25 Desember tronkkos vir sy Kersete eet.

Toe ds. Liezel de Jager van Amanzimtoti op 13 Oktober 2021 voor haar huis vermoor is, het baie mense begin vermoed agter die gordyne van dié predikantswoning het dalk iets duisters aangegaan. Haar man, Werner, se stories oor wat die dag van die moord gebeur het, wou net nie klop nie.

En toe, soos die dae, weke, maande en later ’n volle twee jaar aangestap het, is ál meer gerugte rondvertel – eers net in fluisterstemme, maar later openlik. Gerugte oor ’n man wat sy worsteling probeer wegjok het, sy eie lewe herhaaldelik probeer neem het, finansieel gesukkel het en minderwaardig teenoor sy vrou gevoel het. Die egpaar was reeds van bed geskei, en Liezel het onrustig in die huwelik gevoel, het mense vertel.

Nou, nadat Werner in die hof verskyn het op aanklag van die moord op sy vrou, kyk Huisgenoot na die dinge wat so donker in Werner se lewe gebroei het.

Ons bronne: verskeie naasbestaandes en vriende se herinneringe, maar ook die plofbare hofaansoek wat Liezel se ouers, Henk en Salomé van Zyl, in November 2021, kort ná haar dood, dringend gebring het om te vra dat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Babbel Voort Aanlyn!
Twee prettige seisoene van Die Babbelbende is aanlyn op huisgenoot.com te kry. In dié Afrikaanse kinderreeks ondersoek die vriende Bibi, Ben, Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd die interessante dinge wat ons wêreld so wild, woelig en wonderlik
Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot3 min read
Skone Slaap
AS ’N skoonheidskrywer en ma van twee is dit nie altyd maklik om tyd in die dag te kry om ’n 20-minuut-gesigmasker of haarbehandeling aan te wend nie. Dis hoekom skoonheidsprodukte wat werk terwyl ek slaap veel aanlokliker is. Ons vel gaan ’n vernuwi

Related