Landbouweekblad

Vyfstersukses met deeltydse boerdery

Beesboerdery

Deeltydse boere kan vinnig die spreekwoord “ver van jou goed, naby aan jou skade” gestand doen en hul ondergang vroegvroeg bewerkstellig sonder aandag aan noodsaaklike aspekte.

Talle mense het hulle al op die boerderyterrein begeef met die romantiese droom van die suksesvolle produksie van sy eie produkte in die wonderlike natuur, net soos die sukses wat hulle in hul heeltydse loopbaan behaal. Niks kan egter verder van die waarheid wees as om met sterre in die oë in te dons nie, want ’n boerdery kan nie homself bestuur en belangrike besluite neem nie.

Daarom moet ’n voornemende, deeltydse boer eers deeglik huiswerk doen en ’n goeie bestuursplan opstel, tensy hy ’n heeltydse bestuurder kan bekostig.

Bertus Walters en sy seun, Dewald, bedryf die prestigeryke Walsim Simmentaler-stoetery by Witvlei, tussen Gobabis en Windhoek, in Namibië. Die plaas is 190 km van Windhoek af, waar albei woon. Bertus is die eienaar van Securitas-versekeringsmakelaars en Dewald is tweede in bevel.

Die beginpunt is goeie samewerking. “Dit is lekker om ’n pa te hê met wie ek goed klaarkom. Ons kry dit

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit