Hoe het jy in die veilingsbedryf beland en hoe lank is jy al ’n afslaer?
As plaasseun op die plaas Vogelstruisbult, tussen Bultfontein en Hoopstad, was ek van kleins af in die bees- en skaapkraal en het my liefde vir die diere gegroei.
Ná diensplig in die laat 1980’s het ek by een van die min stoetvee-afslaersmaatskappye, Roderick, Martin & Purdham, as veilingsbeampte begin