DIE mikpunt van enige goeie afslaer is om ’n goeie gemiddelde prys te behaal en om die totale aanbod te verkoop. Met byna 35 jaar ervaring is Johan van der Nest versigtig vir te groot uitskieters.
Hy het as jong man by Vleissentraal begin werk as laaimeester en junior bemarker. Sy kennis is verder geslyp by ’n afslaerskollege in Amerika, waar hy ook as afslaer begin werk het. Hy het by