Landbouweekblad

Bestuur soja só vir rekordopbrengs

Opbrengsbestuur

Met net ’n bietjie aandag kan ’n afskeepgewas baie potensiaal ontsluit.

Waar dr. Eric Winans in Illinois in Amerika woon, word sojabone, soos in Suid-Afrika, dikwels net as wisselbougewas ingespan om stikstof in die grond te bind wat tot beter mielie-opbrengste lei.

Tog glo Winans, ’n spesialis oor graanproduksie en hoofnavorser by Brandt se navorsingsplaas by Springfield in Illinois, boere kan heelwat wins uit hul sojabone maak deur ’n bietjie meer aandag daaraan te gee.

Hy het die geheime van rekordopbrengste aan Suid-Afrikaanse mielie- en sojaboonboere kom oordra op Elim Kunsmis, Brandt en Landbouweekblad se onlangse mielie-en-sojaboonkongres by Sun City.

Alex Harrell van Smithville, Georgia, se gemiddelde opbrengs van 206,79 skepels per acre (13,91 t/ha) was die eerste wat die 200-kerf oorskry het. Randy Dowdy se rekord in 2019 was 190,23 skepels/acre (12,8 t/ha) nadat hy ook in 2016 die destydse wêreldrekord met ’n opbrengs van 171 skepels/acre (11,51 t/ha) oortref het.

Harrell beskou Dowdy as ’n mentor, asook David Hula van Charles City, Virginia, wat die wêreldrekord vir ’n mielie-opbrengs van 41 t/ha sedert Desember

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related