Huisgenoot

Lugbraai no. 2! Vandeesweek is hier

t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s

GEROOSTERDE TAMATIE-EN-MAAS-KAAS-EIERBAKKIES

GENOEG VIR 2 MENSE / BEREIDING: 10 MIN. / GAARMAAK: 15-20 MIN. / STAAN: 5 MIN.

GEROOSTERDE TAMATIES

◗ 30 ml (2 e) olyfolie
◗ ½ ui, fyngekap
◗ 250 g kersietamaties, gehalveer
◗ sout en vars gemaalde peper

EIERBAKKIES

◗ 60 ml (¼ k) room of melk
◗ ½ wiel fetakaas, gekrummel
◗ 2-4 eiers
◗ 60 ml (¼ k) gladde maaskaas
◗ 2,5 ml (½ t) komynsaad

VIR VOORSIT

◗ vars basilieblare
◗ roosterbrood

Verhit die lugbraaier tot 180 °C. Bespuit 2 klein oondbakkies of 2 ramekins goed met kossproei.

1 Geroosterde tamaties Meng die olie, ui en tamaties goed. Geur met die sout en peper en verdeel die mengsel tussen die bakkies.

2 Plaas die bakkies in die lugbraaier en rooster 5-10 min. of tot die tamaties begin bars.

3 Eierbakkies Verwyder die bakkies uit die lugbraaier en verdeel die room en fetakaas tussen die bakkies. Meng liggies. Breek ’n eier of twee in elke bakkie en skep die maaskaas bo-op.

4 Sprinkel die komyn oor en bak 10 min. of tot die eiers so gaar is soos jy daarvan hou.

5 Vir voorsit Laat die eierbakkies 5 min. staan. Rond af met die basilieblare en sit voor saam met die roosterbrood indien jy dit verkies.

FRANSE ROOSTER-BROOD MET NAR-TJIESKIL EN BESSIES

GENOEG VIR 2-4 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. / GAARMAAK: 5-10 MIN.

FRANSE ROOSTERBROOD

◗ 3 eiers◗ 125 ml (½ k) melk◗ ’n knippie sout◗ fyngerasperde skil van 1 nartjie, lemoen◗ 30 ml (2 e) strooisuiker◗ 4 dik snye witbrood, suurdeegbrood of ciabattabrood

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Babbel Voort Aanlyn!
Twee prettige seisoene van Die Babbelbende is aanlyn op huisgenoot.com te kry. In dié Afrikaanse kinderreeks ondersoek die vriende Bibi, Ben, Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd die interessante dinge wat ons wêreld so wild, woelig en wonderlik
Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot3 min read
Skone Slaap
AS ’N skoonheidskrywer en ma van twee is dit nie altyd maklik om tyd in die dag te kry om ’n 20-minuut-gesigmasker of haarbehandeling aan te wend nie. Dis hoekom skoonheidsprodukte wat werk terwyl ek slaap veel aanlokliker is. Ons vel gaan ’n vernuwi

Related