Astral is die grootste geïntegreerde hoenderprodusent in Suid-Afrika. Die maatskappy het in April 2001 op die Johannesburgse aandelebeurs (JSE) genoteer nadat Tiger Brands sy landboubedrywighede ontbondel het.
Die maatskappy het 5 265 aandeelhouers met ’n markkapitalisasie van sowat R8,3 miljard in 2022.
Die maatskappy is bedrywig in ’n hele aantal afdelings van die hoenderaanbodketting, vanaf veevoer (Meadow Feeds) tot braaihoenders op die rak en die teel en verkoop van kuikens.
Die maatskappy slag sowat 5,8 miljoen braaihoenders per week en op ’n gegewe oomblik is sowat 39 miljoen hoenders op