Quantum is ’n gediversifiseerde veevoer-enpluimveebesigheid op verskeie Suider-Afrikaanse markte en tans die grootste eierprodusent in Suid-Afrika.
Die besigheid was aanvanklik deel van die Pioneervoedselgroep. Tydens ’n onstuimige tyd in Pioneer Foods se geskiedenis is besluit om die hoender-en-veevoerbesigheid in 2014 te ontbondel en apart op die JSE te noteer.
Bekende handelsmerke in die groep sluit in Nova Voere, wat ook veevoer uitvoer. Fabrieke hiervoor is op Malmesbury, Paterson, George en in Pretoria.
NuLaid is die eierafdeling en die grootste