Die stigting van Tiger Brands het sy aanloop reeds in 1896 gehad toe Jakob Frankel, ’n immigrant uit ’n graanhandelaarsfamilie van Duitsland, na Suid-Afrika gekom en by ’n Kaapse graanhandelaar begin werk het.
In 1920 het hy geld geleen en die besigheid Tiger Oatery begin met Suid-Afrikaanse gars as grondslag. Die bekende handelsnaam Jungle Oats is in die Kaap gevestig. Die eerste fabriek wat ontbytpap vervaardig het, is op Moorreesburg gebou. Die Frankel-familie was lank in beheer van die maatskappy en dit is