Landbouweekblad

Voëlgriep-ramp kan héle waardeketting knou

DIE gevolge van die voëlgriep-epidemie gaan wyd uitkring, met die voerbedryf, en daarom ook die graanbedryf, in die voorste linie. Daar is egter ’n magdom ander bedrywe wat geraak word, van vervoermaatskappye wat daagliks eiers vervoer, verskaffers van verpakkingsmateriaal en benodigdhede vir hoenderhuise, tot ondernemings wat eiers nodig het vir gebak.

Teen begin Oktober is 7,5 miljoen hoenders vanjaar weens uitbrekings van die H5N1- en H7N6-stam van voëlgriep verloor, waarvan die meeste weens die laasgenoemde nuwe, uniek Suid-Afrikaanse stam.

Sowat 5 miljoen hiervan was lêhenne, uit ’n nasionale trop van 29 miljoen. Dit het veroorsaak dat leë tafeleierrakke in veral Gautengse winkels ’n algemene gesig is.

Dit is in Gauteng en in buurprovinsies waar die H7N6-virusstam sedert Junie soos ’n veldbrand versprei. Waar eiers wel beskikbaar is, het pryse die hoogte ingeskiet.

Teelplase vir lêhenne en braaihoenders is ook getref. In totaal is minstens 200 000 teelhoenders vir lêhenne en 2,5 miljoen vir braaihoenders verloor.

Dit veroorsaak groot kommer oor ’n tekort aan hoendervleis en oor hoe lank dit gaan duur om lêhenne te vervang.

Izaak Breitenbach van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging (SAPV) sê dit kan 6 tot 18 maande duur om al die verlore hoenders

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit