"Die lewe druk jou dié kant toe, en dan weer daai kant toe. En nes jy dink jy’t nou genoeg gehad, dan kom kry hy jou weer van ’n ander kant af.”
Leentjie sit dadelik die ketel aan toe haar vriendin, Sarie, by die agterdeur inkom. Sy weet hulle het nou altwee ’n lafenissie nodig.
“Ai, Sarie. Wat is dan nou verkeerd, jong? Wat pla, vriendin? Kom, sit eers. Ek maak vir ons tee, dan praat ons.” Sy pak twee koppies met pierings uit op die tafel en vul ’n beker met melk terwyl sy vir die ketel wag om te kook. Sarie skuif reg op die kombuisstoel. “Gee sommer daar ’n beskuitjie ook, Leentjie. Ek is nou lus vir iets by die tee” .
Leentjie haal gedwee die beskuit van die rak af en pak dit in ’n bakkie vir hulle twee. Sy kan sien Sarie het nou behoorlik haar sit gekry. Die ketel kook en sy maak vir hulle die tee. Sarie doop ’n beskuitjie in die tee en voor dit kan verkrummel en afval, hap sy reeds. “Ja-nee, Leentjie,