Huisgenoot

OM ALLES TE WAAG

HY WAS byna by die 70ste verdieping van die Lotte World Tower in Seoel, meer as halfpad op teen die wêreld se sesde hoogste ge-bou. George King was net in ’n kortbroek en skoene geklee, met ’n valskermpak op sy rug – en hy was vasbeslote om dit tot heel bo te maak.

Dié Koreaanse wolkekrabber het ’n soortgelyke vorm as The Shard, die 310 m hoë gebou in Londen wat George in 2019 uitgeklim het. Maar die Lotte World Tower, wat in 2016 voltooi is, is ’n volle 555 m hoog en sou die hoogste gebou wees wat George al geklim het.

Die Britse waaghals het ses maande beplan aan dié ekspedisie, sy grootste uitdaging nóg. Wanneer hy by die spits uitgekom het, 123 verdiepings bokant die strate van Seoel, sou hy afspring.

Met sy valskerm sou dit hom net meer as ’n minuut neem om af te sweef. Hy sou so ver moontlik van die gebou af land. Dan sou hy ’n vermomming aantrek – ’n keppie en gewone klere – en so gou moontlik in ’n vliegtuig terug na Londen klim voor enigiemand hom kon identifiseer.

Op dié Maandagoggend in Junie was George (24) woes aan die sweet terwyl hy teen die westekant van die gebou opgeklim het. ’n Hommeltuig met ’n kame- ra was daar om elke beweging vas te lê namens een van sy borge, ’n Britse vapemaatskappy wat hom betaal het vir dié lewensgevaarlike toertjie.

Hy was goed op dreef toe hy, ’n entjie verby die halfpadmerk, twee benoude gesigte opmerk wat hom van ’n balkon ’n paar verdiepings hoër op dophou.

’n Man en ’n vrou met beskermende helms en baadjies het aan ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Toets Jou Kennis
1 Wat was die naam van die motor in die TV-reeks Knight Rider? 2 In watter eilandgroep sal jy die eiland Tenerife aantref? 3 Watter voedingstof ontbreek waarskynlik van iemand se dieet as hulle kwasjiorkor kry? 4 In watter posisie het Deon Fourie vir
Huisgenoot2 min read
Het Jy Geweet?
Deesdae is daar twee supergewilde klanklogo’s. Die een is Netflix se “ tudum”-geluid en die ander is TikTok se kenmerkende klankie. Dis wat jy aan die einde van elke TikTok hoor. Die maatskappy het dit ontwikkel om ’n unieke identiteit te gee wat hul
Huisgenoot3 min read
Vra Vir Irma
V Ek het ’n wonderlike, pragtige dogter, maar sy’s tog so ongelukkig. Sy’s nou 44 jaar oud en het ’n seun met baie goeie maniere. Sy was nog nooit getroud nie, maar was in ’n paar lang verhoudings. Sy verdien haar eie salaris en lê nie in kuierplekke

Related