Baba & Kleuter

REFLUKS is nie vir sissies nie

Min mense verstaan regtig wat ’n refluksmamma deurmaak. Hulle kritiseer, oordeel en dink jy is ’n slegte ma wat nie jou kind se probleem kan hanteer nie. Hulle dink dis jou skuld en nie die refluks s’n nie, want hulle ken nie die siekte nie.

TIANA KLUYTS, ma van Hendrik en ’n beroepsvrou van Johannesburg, sê Hendrik is op sewe weke met refluks gediagnoseer, en dit was die begin van ’n sielkundig uitmergelende pad.

“Ek was jaloers op mammas wat maklike en gesonde babas gehad het,” erken Tiana. “Ek was moeg, prikkelbaar en soms selfs kwaad vir my kind wat so moeilik is. Met tye het ek depressief geraak as gevolg van die emosionele stres. Ons het vriende verloor wat nie verstaan het nie, en ek het ’n kluisenaarsbestaan gevoer omdat hy so ’n moeilike baba was. Dit het verder bygedra tot depressie en ons huwelik het ook skade gely.”

Haar redding in dié tyd was om met ander ma’s met refluksbabas te gesels, wat geweet het wat sy deurmaak en raad kon gee wat werklik help, vertel sy. Omdat sy in hierdie tyd so

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Baba & Kleuter

Baba & Kleuter2 min read
Wat’s Nuus?
Dié Johannesburgse laer- en preprimêre skool help sorg dat jou kind ’n uitstekende en holistiese opvoeding kry. By Jan Celliers Laerskool en Preprimêr hoef jy nie bekommerd te wees nie. Dis ’n onafhanklike skool in Parkview, Johannesburg, wat die ho
Baba & Kleuter6 min read
Mamma, Is Ek Vet?
Kinders van vyf wat eetversteurings het? Ja, sê navorsers aan die Universiteitskollege van Londen se instituut van kindergesondheid, wat ’n studie onder kinders tussen vyf en 13 jaar oud gedoen het. Hulle het bevind dat drie uit elke 100 000 kinders
Baba & Kleuter2 min read
V & A MES & VURK
E-pos jou vrae aan SHARING@YPBMAGAZINE.COM Vrae kan ongelukkig nie persoonlik beantwoord word nie. My dogtertjie is drie en ’n half jaar oud. Moet sy al met ’n mes en vurk kan eet? Sy sukkel nogal en ek sien sy raak dan gefrustreerd en vat somm

Related