![f016-01.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/4i1wdh3uiobhtezh/images/fileAX4W6MUV.jpg)
Ons het vanjaar in die Krugerwildtuin vakansie gehou en hierdie ongewone toneel naby die Babalala-piekniekplek gesien. ’n Paar seekoeie het uit die water beweeg na die klippe waar twee krokodille gelê het. Dit het gelyk asof die een seekoei iets reg onder een van die krokodille wou bykom. Dit het die krokodil se stert met sy bek opgetel en saggies weggeskuif. Die krokodil het nie bang gelyk nie en het halfhartig geprotesteer.