DIT wil voorkom of die landbounetwerkorganisasie Saai en die Land Bank tot ’n vergelyk gekom het oor verskeie twispunte wat betref die bank se sakeplan en die aggressiewe sekwestrasie van meer as 120 boere wat nie hul verpligtinge by die bank betyds kon nakom nie.
’n Groot klomp boere is byna oornag in die moeilikheid gedompel toe hul skuld van middelman-landboubesighede na die Land Bank self terug verskuif is.
“Die meeste boere het daardie lenings as wentelkrediet soos ’n oortrokke gerief gebruik. Toe die bank sy boek by die middelman-landboubesighede