SA Hunter/Jagter

COWBOYS MAG OOK HUIL

Familie-Sondae het mos hul manier. Hierdie was só ’n een. My oorlede ma se suster en haar man, wyle oom Felix, het al die pad van Pretoria af Arnot toe gery vir ’n Sondagnoenmaal op Elandsfontein. Dit moes een of ander geleentheid soos ouma se verjaarsdag of so iets gewees het. Ek kan dit nie onthou nie. Ons “kinders” was ook daar – my suster en haar man, en losloper-ek op my eie. Die “grootmense” het in die sitkamer gesit en ’n voorvreet-dop gedrink. Ek was al in my twintigs, maar ons was steeds “die kinders”. Ons plek was buite in die skadu van die moerbeiboom, waar ons gesien, maar nie gehoor kon word nie. Ons is op ’n Sondag tot een bier elk gerantsoeneer – dít terwyl ek al ’n offisier in PW se bende was en ook sterk op pad om graad te vang.

Dis toe dat oom Felix so deur die oop sitkamervenster daardie Sondag se dinge aan die rol sit met: “Pierre, jou pa het gesê jy moet gou voor ete vir my ’n blesbok gaan skiet sodat die ding effe kan afkoel voor ek terugry Pretoria toe!” My protesterende: “Ons skiet nie op die Sabbat nie en ek het al byna ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter4 min read
GRIEKSE MOUSSAKA Met ’n Wildsvleiskinkel
Lae sappige vleis, soet eiervrug, romerige witsous met ’n bros dakkie kaas – alles gebak tot stomende perfeksie. Dít klink mos nou soos ’n plan! Ek het altyd wildsmaalvleis in my vrieskas en het die pakkie koedoevleis só gekyk en net daar besluit dit
SA Hunter/Jagter4 min read
Uit Die Blou Van Onse Hemel
Toe ek kind was, het daar in elke respektabele plaashuis ’n lugfoto ge-hang. So ’n skuins skoot oor die werf, met die woonhuis en die hoenderhok en die waenhuis en ’n paar omliggende lande. In swart en wit geneem, en agterna met die hand ingekleur om
SA Hunter/Jagter4 min read
Slagdoppies Watter Om Wanneer Te Gebruik
Theuns Lombard vra my verlede week hoe hy kan weet watter tipe slagdop-pie om saam met sy kruit en koeël in sy .30-06 te gebruik om die beste resultate te verkry. Hy wil ’n 165 grein Barnes TSX-koeël gebruik, saam met Lapua-doppe en Vihtavuori N550-d

Related Books & Audiobooks