Paul bel my nou die dag. Sy hart is seer. Rigby het senings in sy bene geskeur. Die veearts sê hy kan nie veel vir hom doen nie. Rigby, sy Brittany, is reeds 11. Somtyds, sê die veearts, is die probleem erger ná ’n operasie. Rus is al wat sal help, maar hoe laat ’n mens nou ’n jaghond rus, vra Paul. Dit was sy eie skuld, sê hy; hy het té rof met hom gespeel. Ek voel die hart-seer in sy stem. Ek dink aan Polka, ook nou 11; die ou lyf raak al styf, sukkel soms om op te staan. Gelukkig het Paul vir Liefie, ’n jong Duitse korthaar. Sonder Polka weet ek nie. Die tyd sal leer. (Wie de ongeluk noem sy jaghond Liefie? Maar ou Paul het so ’n snaakse streep. ’n Vorige een het hy Jeremia genoem. Nou hoe werk mens daardie ene uit?)
Paul vertel hy luister op pad huis toe”, neul hy. Dit gaan blykbaar oor ’n hond; hy het nog nooit vir “” gehoor nie. En net daar, vertel hy vir my, gaan hy aan’t grense. Ek gaan google dit. Ek ken ook nie vir “” nie. Ek is nie ’n musiekmens nie; Elvis stop vir my by “s”. Ek kan nie mooi die woorde hoor nie en ou Elvis laat dit klink na ’n orrelbegeleide besnydenis in ’n grafkelder. Om een of ander simpel rede kry ek ook ’n knop in my keel. Ek gaan soek die woor-de. Red Foley was die skrywer: