“I experienced two very different emotions at the same time: extreme fright, and the utmost respect. As I lay there and looked up at the buffalo, I had nothing but admiration for it, even though it was trying to kill me. For the briefest moment, the pain in my leg and chest was forgotten and the impending disaster of those horns crushing me to death was forgotten. I just thought: what an animal!”
Hierdie was die woorde wat ’n welbekende professionele jagter van Zimbabwe een aand in ’n hotelkroeg in Las Vegas gebruik het om sy ondervinding met ’n gekweste buffel te beskryf. Peter (op sy versoek gebruik ek nie sy regte naam nie) en ’n kliënt was op ’n buffeljag in ’n afgeleë gebied van die Zambezivallei ’n hele klompie jare terug. Ná ure se spoorsny in versengende hitte het die jagters uiteindelik ’n skietkans gekry op ’n alleenloper-buffelbul, oftewel ’n dagha boy, soos sulke bulle in Zimbabwe se jagveld bekendstaan vanweë hul voorliefde vir modderbaddens.
Ná ’n versigtige bekruiptog het die kliënt geskiet, maar die koeël uit die .416 het nie die regte kol getref nie. Toe die laatmiddagson goudgeel tussen die uitgedroogde mopanies begin skyn, het Peter die soektog na die gekweste buffel afgelas, die plek waar hulle die laaste bloed gekry het