SA Hunter/Jagter

DIE SWARTWILDEBEES – KARAKTERVOLLE BEWONER VAN DIE VLAKTES

Die swartwildebees (Connochaetes gnou) is, net soos ’n handjievol ander spesies, ’n boorling uniek aan Suid-Afrika. Hulle het van nature die oop vlaktes van die Vrystaat, Noord-Kaap, Transvaal en dele van Natal bewoon en was bekend daarvoor dat hulle soms in reusetroppe rondbeweeg het in hulle soeke na weiding en water.

Wetenskaplikes is dit eens dat die swartwildebees ongeveer ’n miljoen jaar gelede van die blouwildebees weggebreek het en as ’n onafhanklike spesie begin ontwikkel het. Toe die eerste Europese setlaars die binneland van Suider-Afrika begin verken het, het hulle enorme hoeveelhede swartwildebeeste aangetref en soos dit soms maar gaan, was die groot troppe wildebeeste en ander wild soos hartbeeste, springbokke en blesbokke ’n groot trekpleister as bron van vleis en velle. Derhalwe is derduisende van hierdie diere toe geskiet.

BEPERKTE GETALLE GROEI

Die swartwildebees se lot was soortgelyk aan dié van die Amerikaanse bison en toe daar uiteindelik halt geroep is met die slagting, was daar net ’n handjievol swartwildebeeste oor – een skatting beweer so min as vyfhonderd diere.

Een van hierdie groepies swartwildebeeste het ’n tuiste gevind op die plaas van die Erasmus-familie buite Kroonstad in die Vrystaat. Die Erasmusse boer al vir geslagte lank daar en hulle het destyds besef dat iets gedoen moes word om die swartwildebees van gewisse uitsterwing te red. So het dié familie reeds in die 1890’s begin om ’n ogie oor die swartwildebeeste op hulle grond te hou en hulle te bewaar. Dieselfde het

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter3 min read
Buck - Messe Die Jagter Se Vriend Vir Meer As ’n Eeu
Buck-messe is alombekend vir hulle kwaliteit en vermoë om skerp te bly ondanks gereelde gebruik. Die Buck-storie begin in 1902 in die Amerikaanse deelstaat Kansas toe ’n grofsmid genaamd Hoyt Buck begin eksperimenteer het met messe wat hy self van ou
SA Hunter/Jagter1 min read
About Our Cover...
The large-calibre British double rifle has always been a favourite weapon for dangerous game such as buffalo and elephant. They are still manufactured in small num- bers by a few rifle makers in Britain, Western Europe and elsewhere, and are very muc
SA Hunter/Jagter1 min read
SA Hunter/Jagter
TYDSKRIF-NAVRAE 084-554-0611 (kantoorure) WEBTUISTE www.sajagterhunter.com LEDE-NAVRAE 012-808-9300/082-848-8547 REDAKSIE WAARNEMENDE REDAKTEUR Fred Camphor PRODUKSIEREDAKTEUR Elfriede Ainslie (Taalversorging) KUNSREDAKTEUR Marthie van

Related Books & Audiobooks