SA Hunter/Jagter

DIE GEMSBOK – SWAARDVEGTER VAN DIE DUINE

Een van die mees ikoniese bokke van die woestynwêreld van Suidelike Afrika is die gemsbok (Oryx gazella). Met sy kenmerkende maskergesig, reguit, skerp ho-rings en stewige bou is die gemsbok onmiskenbaar deel van streke soos die Kalahari, Namibwoestyn en die Karoo. Dié bok is ook ’n gunsteling onder biltong- en trofeejagters.

Die tradisionele verspreidingsgebied van die gemsbok is die droër streke van Suid-Afrika, Botswana en Namibië, alhoewel daar ook klein populasies in beide Zimbabwe en Angola voorkom. Die Angolese populasie is beperk tot die Iona Nasionale Park, wat geleë is net noord van die Kunenerivier in die suidweste van dié land. Ten spyte van die lang burgeroorlog wat groot gedeeltes van Angola verwoes het, word die gemsbokpopulasie in Iona as stabiel beskou en word verskeie pogings aangewend om die park en sy wildlewe te rehabiliteer.

BEWARING VAN DIE SPESIE

Zimbabwe se gemsbokke bestaan uit klein troppies en alleenbulle wat sporadies vanuit Botswana in die Hwange Nasionale Park en die Matetsi Safari-gebied in noordwes-Zimbabwe inbeweeg. Gemsbokke, net soos bastergemsbokke, word as hoogs beskermd in Zimbabwe geklassifiseer en mag glad nie daar gejag word nie.

Min mense is bewus van die feit dat die Limpopo-provinsie ook sy eie, unieke gemsbokpopulasie het. Gemsbokke het van nature in gedeeltes van die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter8 min read
Ek Het ’n Vriendin...
Ek het ’n vriendin, maar haar naam is nie Lisa soos Laurika Rauch se vriendin in die liedjie “Lisa se klavier” nie. Buiten ’n klavier, het my vriendin ook ’n plaas in Nieu-Seeland se Suid-Waikato-distrik. Ek het Karen, die vriendin met die plaas en d
SA Hunter/Jagter1 min read
About Our Cover...
The large-calibre British double rifle has always been a favourite weapon for dangerous game such as buffalo and elephant. They are still manufactured in small num- bers by a few rifle makers in Britain, Western Europe and elsewhere, and are very muc
SA Hunter/Jagter6 min read
The Covid Project
I have been tinkering with the workings of firearms for as long as I can remember – much of it without my dad’s knowledge of the fact that I had made a key for his safe! This systematically developed into an eye for perfection and trying to fill the

Related Books & Audiobooks