SA Hunter/Jagter

ROOIRIBBOK die lekkerste lekker!

Die mis lê dig in die vallei wanneer ek die steil voetpad teen die hang op aanpak. Die gras en rotse is nat en ek beweeg stadig en versigtig tot net onder die kruin. Dan staan ek en rus tot my asemhaling na normaal terugkeer. Dit is ’n ou gewoonte, maar vandag maak dit nie eintlik saak nie, want ek kan nie meer as vyf tree ver sien wanneer ek oor die kruin loer nie. Ek kry die plat klip waarna ek soek deur oor hom te val. Gelukkig slaag ek daarin om my geweer met my lyf te beskerm. Ná ’n deeglike ondersoek na fisieke beserings (minimaal) en skade aan my ego (matig), neem ek stelling in op die rots.

Daar is nie veel wat ek kan doen nie. Voor my, versteek in die digte mis, lê ’n V-vormige kloof. Teen die oorkantste hang van die kloof, tussen rotse, is ’n digte stand rooigras met ’n paar taaibosse en olienhoutbome. Gewoonlik is daar ’n klein trop-pie rooiribbokke wat vroegoggend teen die hang wei. Of hulle nou daar is, weet ek nie. Ek het egter geen dringende behoefte om iewers anders te wees nie en maak my dus so gemaklik as wat ’n mens jou op ’n en geduld is inderdaad een van die belangrikste eienskappe wat ’n jagter kán hê – veral ’n ribbokjagter...

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter1 min read
About Our Cover...
The large-calibre British double rifle has always been a favourite weapon for dangerous game such as buffalo and elephant. They are still manufactured in small num- bers by a few rifle makers in Britain, Western Europe and elsewhere, and are very muc
SA Hunter/Jagter4 min read
GRIEKSE MOUSSAKA Met ’n Wildsvleiskinkel
Lae sappige vleis, soet eiervrug, romerige witsous met ’n bros dakkie kaas – alles gebak tot stomende perfeksie. Dít klink mos nou soos ’n plan! Ek het altyd wildsmaalvleis in my vrieskas en het die pakkie koedoevleis só gekyk en net daar besluit dit
SA Hunter/Jagter5 min read
Die ‘Omgekeerde Piramide’ Van Skietaktiwiteite
KONTAKINLIGTING/CONTACT INFORMATION: SAJWV - Inyathipark | SAHGCA - Inyathi Park ADRES/ADDRESS: Plot 3, Mountain Drive 7, Derdepoort, Suid-Afrika/South Africa TELEFOON/TELEPHONE: (Suid-Afrika/South Africa) 0861 SAHUNT (724 868) | Internasionaal/ Inte

Related Books & Audiobooks