SA Hunter/Jagter

DIE 6mm CREEDMOOR IN DIE JAGVELD

My eerste ondervinding met ’n 6mm-kalibergeweer in die jagveld was ongeveer 30 jaar gelede. Ek en my vrou was onderweg na ons huis in Mosselbaai ná ’n besoek aan ’n taksidermis in Tarkastad. Op pad terug deur die pragtige Baviaansriviervallei het ons op ’n vriend se plaas naby Bedford oorgeslaap. Die boer het goedgunstiglik daarop aangedring dat ek ’n takbok saam met my huis toe neem. Aangesien ek my nie twee keer laat nooi om te jag nie, het ek sy vriendelike aan-bod aanvaar.

Vroeg die volgende oggend het die boer ’n ou, effens verweerde Remington 700-geweer met ’n Leupold 3-9x40-teleskoop en ’n pakkie PMP .243 Winchester-ammunisie aan my oorhandig. Op die 100-meterskietbaan, in ’n ou erosiesloot ’n paar honderd treë van die huis af, het dié geweer drie 100 greinkoeëls in ’n duimnaelgrootte groepering omtrent ’n duim bo die kol geskiet.

Effens minder as ’n uur later het ek ’n jong takbokram oorkant ’n vlak klofie gewaar. Versigtig het ek tot by ’n droë boom ±200 meter van die bok af beweeg en dooierus teen die stam gevat. Die rammetjie het skuins na my

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter5 min read
Springbuck On The Plains Of Gordonia
The Collins English Dictionary defines a habit as “an acquired behaviour pattern regularly followed until it has become almost involuntary”. What has become almost involuntary to me is watching YouTube videos about the art of making and shooting besp
SA Hunter/Jagter1 min read
About Our Cover...
The large-calibre British double rifle has always been a favourite weapon for dangerous game such as buffalo and elephant. They are still manufactured in small num- bers by a few rifle makers in Britain, Western Europe and elsewhere, and are very muc
SA Hunter/Jagter4 min read
Snelvuur
Just recently, the IUCN (International Union for Conservation of Nature) downlisted the scimitar-horned oryx (Oryx dammah) from Extinct in the wild to Endangered. Thanks to the work done by the Environment Agency of Abu Dhabi, the scimitar-horned ory

Related