SA Hunter/Jagter

PASEVOËL

Ek het die meeste van my kinderjare op die plaas Elandsfontein deurge-bring. Elandsfontein lê so halfpad tussen Middelburg en Belfast en word sedert die sewentigerjare of so deur die N4-snelweg verdeel. Die Arnot-kragstasiepad vorm die oostelike grens. Op Elandsfontein het ons blesbokke, duikertjies, springen steenbokkies aangehou. Volstruise ook, om betreders uit die veld te hou. ’n Volstruismannetjie met ’n houding het nogal oortuigingskrag in dié verband. Onder die volstruise was daar drie besonderse mannetjies: Pasevoël, Pierresevoël en Heinsevoël, almal vernoem na hul aanvanklike eienaars.

Pasevoël het my nogal goed geduld, want ek het hom soos ’n ANC-politikus behandel. Ek het nooit ’n hand wat nie oorvol mielies was na hom uitgesteek nie en hy kon pik aan enigiets aan my wat geblink het. Hy was tevrede en ek was ook. Dit was die geval totdat ek eendag ’n skoot byna reg langs sy kop afgetrek het. Ek was nie moedswillig nie – ek moes ’n bok skiet en Pasevoël was net te nuuskie-rig en te naby toe ek dinge vol-bring het.

Pasevoël het sy melk weg en sy maag leeg geskrik toe daai skoot klap, en toe ook sommer ’n gly in my gevang.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SA Hunter/Jagter

SA Hunter/Jagter1 min read
About Our Cover...
The large-calibre British double rifle has always been a favourite weapon for dangerous game such as buffalo and elephant. They are still manufactured in small num- bers by a few rifle makers in Britain, Western Europe and elsewhere, and are very muc
SA Hunter/Jagter5 min read
Voorbereiding Vir Die Jagseisoen
Die belangrikste toerusting vir enige jag is kortliks ’n geweer, ammunisie, teleskoop, verkyker, jagskoene, messe en ’n skietstok. Die heel belangrikste hier-van is beslis jou geweer en/of selfs jou boog. As jy ’n jaar gelede jou geweer in die hoek v
SA Hunter/Jagter3 min read
Hodgdon’s Perfect pattern Powder
As many readers are aware, the price of shotgun cartridges is rocketing skywards for a variety of reasons, and handloading is becoming a more attractive proposition for South African shotgunners. This, however, creates a new set of problems: how to f

Related Books & Audiobooks