Huisgenoot

DIE BESTE ÉN SWAARSTE TYD

‘LAAT ONS SY LEWE VIER. DIS WAT ONS SY BEGRAFNIS OOK NOEM: ’N LEWENSVIERING. HY WAS SO ’N WONDERLIKE MAN’

DIE stootwaentjie met die pienk kombersie langs die voordeur is die eerste wenk dat daar ’n nuwe lewetjie in die huis hier op die Val de Vie-landgoed is.

In die leefvertrek is dit weer die speelmat wat dadelik jou oog tref. En dan bevestig die huilstemmetjie uit die babakamer: Hier is ’n nuutgebore mensie in die huis.

Maar toe Anzél Rabie (32) met die klein lyfie in haar arms te voorskyn kom, kan ’n mens die warboel van emosies in haar gemoed aanvoel. Moederliefde en trots, ja, maar vlak agter die moedige glimlag is ook groot hartseer en verlies te bespeur.

Sewe weke tevore het sy en haar man, Stefanus Rabie, die heuglike aankoms van klein Aloha, hul eersteling, gevier.

Maar ná die blydskap het groot tragedie gevolg.

Want net vyf dae voor Huisgenoot se besoek is Anzél se pa, die Springboklegende Theuns Stofberg (68), deur ’n motorongeluk van haar af weggeruk.

Binne enkele weke het sy haar babadogter verwelkom – en haar geliefde

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
Wintertyd, Fliektyd
As jy klaar deur die agt seisoene van Monk gekyk het wat vroeër vanjaar op Netflix uitgereik is, kan jy regskuif vir die fliek. Ná 14 jaar maak die eienaardige dog snaakse TV-speurder Adrian Monk (Tony Shalhoub) sy buiging op ons skerms in ’n fliek w

Related