Die droom van ’n groot aantal nuwe grondboonkultivars met hoë opbrengste is besig om bewaarheid te word. Een so ’n kultivar kan boonop met minder water klaarkom.
Saad van vyf nuwe kultivars is die afgelope somer kommersieel vermeerder, hoewel slegs klein hoeveelhede vir groter saadvermeerdering beskikbaar is. Nóg 44 kultivars word tans in Suid-Afrika op droëland en onder besproeiing beproef.