Kaap Agri, waarvan die naam intussen vanjaar verander is na die KAL-groep, se ontstaan dateer terug na 1912. Boere in die Swartland het op Malmesbury ’n vereniging gevorm om saam ghwano aan te koop. Dit is gedoen voordat koöperatiewe wetgewing in Suid-Afrika ingestel is.
Die besigheid het uitgebrei en later ook graanhantering en silo-opberging gedoen. In 1981 het dit met die WP Vrugtekwekers saamgesmelt om ’n nuwe besigheid, WP (koöperatief) Bpk., te vorm. Verdere samewerking en