Die OVK-landboumaatskappy is bedrywig oor ’n wye gebied in die Vrystaat en dele van die Noord-, Oos- en Wes-Kaap, veral in die droër dele. Die maatskappy is hoofsaaklik toegespits op die graan- en veebedryf en die ondersteunende insette aan boere. Die groep is betrokke by die ontvangs, verwerking en bemarking van landbouprodukte en die verskaffing en finansiering van boerderybenodigdhede, graan en dienste.
Die hoofbydrae tot inkomste kom uit handel, brandstofverspreiding, motors en meganisasie, wat sowat