Weg! Ry & Sleep

Pêrel van die waens

Oop met die oester

Wanneer jy jou staan kry en die remme is opgetrek, is jy gereed vir opslaan. Die Exclusive het nie hoekstutte nie, want deel van die las rus op die vloer wanneer dit oopgeslaan is.

Die hele deksel van die Exclusive swaai 180º oop soos ’n oesterdop totdat dit weer parallel met die grond staan.

Voor jy die deksel oopslaan, moet jy net eers skiet gee met die katrol wat by die koppelstuk staan. Die opgerolde band van die katrol is met ’n haak vas aan die vloer.

Terloops, die katrol is van die soort wat ’n mens ook op sommige bootsleepwaens sien. Die eintlike gebruik van die katrol is om die vloer weer te lig wanneer jy klaar gekamp het.

Met die dekselknippe los is jy gereed om dit te lig, maar swaai eers die noodwiel aan die agterkant weg. Dit swaai tot haaks

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep6 min read
’n Welkome gas
In die kampplek het ’n mens ’n paar opsies om jou kos gaar te kry of water te kook vir ’n bietjie boeretroos. Die mees basiese en beste, natuurlik, is ’n kampvuur, maar dit neem tyd om aan die gang te kry en jy kan ook nie sommer enige plek vuurmaak
Weg: Ry & Sleep5 min read
Wat Maak Kamp So Lekker?
Ek het grootgeword in ’n huis waar vakansies – vernaam die grote in Desember en Januarie – beteken het die lomp two-tone Jurgens 640 met sy blou-en-wit gestreepte tent word by oom Tjoep du Toit gehuur. Ek weet tot vandag toe nie waar oom Tjoep aan sy
Weg: Ry & Sleep5 min read
’n Lékker Honnelewe
• Hou jou motor se ruit oop, indien moontlik. Pote gaan die rit baie meer geniet as hy die tonele kan inasem wat verbyflits. • Stop so een keer elke uur en gee jou woef genoeg tyd sodat hy kan snuffel aan die merke van al die honde wat al vroeër hier

Related