GERMI BOTHA
Die rol van Suster Tienkie het so te sê in dié 24-jarige aktrise van Pretoria-Noord se skoot geval. “Ek was uit die veld geslaan, want ek het nie ’n oudisie vir die rol gedoen nie,” vertel sy.
“Ek het voorheen saam met die een regisseur, Harold Hölscher, en die lynvervaardiger, Anika du Toit, gewerk toe ek ’n produksiekoördineerder was. Dis te danke aan hulle dat ek die rol gekry van Tienkie gekry het. Dit was die beste verrassing ooit.”