Huisgenoot

REG VIR DIE GROOT TREK

MET sy vlamrooi hare kan niemand hom op die rugbyveld miskyk nie. Hy is ’n rots in die skrum, en twee jaar lank was hy die gom wat die Stormers bymekaargehou het.

Die rugbyheld Steven Kitshoff (31) word as een van die beste loskopstutte in die wêreld beskou, en as kaptein het hy die Kaapse span na nuwe hoogtes gelei. Maar weg van die veld is dit nie noodwendig Steven se rooi hare óf talent wat jou laat vassteek nie.

Dit is die beeldskone vrou langs hom, Aimee (33), met haar glimlag, golwende hare en sprankelende persoonlikheid wat jou twee keer laat kyk.

“Hallo!” groet sy toe ons die Kitshoffs in ’n koffiekroeg in Kaapstad ontmoet.

Dit is die Sondagoggend voor Steven later die middag moet terugkeer na Pretoria, waar hy aan ’n Springbokoefenprogram deelneem. Hy was vir die naweek hier om Aimee te sien en tyd saam met haar deur te bring voor dinge begin besig raak in die aanloop tot vanjaar se Wêreldbekerrugbytoernooi wat in September in Frankryk afskop.

Aimee sprankel in haar swart uitrusting by knielengtestewels terwyl Steven skugter glimlag.

Die tyd in hul geliefde Moederstad raak min,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Breipatrone By Dosyne
Alle breiliefhebbers, hier is Huisgenoot se nuwe Brei-uitgawe. Propvol patrone om hierdie winter af te skop sodat daar iets vir elkeen in die gesin is: truie vir peuters en kleuters, volwassenes en selfs jul geliefde brakkie. Allerlei komberse en kus
Huisgenoot1 min read
Agter Die Skerms
▶ Die reeks is in die noordelike voorstede van Kaapstad verfilm, asook op Stellenbosch en in die Jonkershoek-omgewing. ▶ Die vervaardigers het ’n ou herehuis op ’n kleinhoewe naby Durbanville gehuur om as Oupa en Ouma se huis te dien. Hulle het die p
Huisgenoot2 min read
Kolskoot Vir ’n cowboy
MET daai skrefiesoë wat onder die rand van ’n breërandhoed uitgluur, en ’n pistool sekuur op sy vyande gerig, kon hy enige skurk in hul broek laat … bewe. As speurder kon hy sonder om eens ’n oomblik te aarsel vir die skelm toesnou: “Go ahead, make m

Related