SARIE

OMRING JOU MET energiegewers

Suid-Afrika beleef ’n energiekrisis – letterlik en emosioneel.

In 2022 was die kumulatiewe ure beurtkrag 3 630, volgens die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, in BusinessTech. Dít knou die ekonomie en dra by tot ’n werkloosheidsyfer van in die 40 persent. Almal wag, oënskynlik tevergeefs, op Eskom om sinvolle oplossings vir lig in ons lewe te vind.

Suid-Afrikaners is ook steeds aan die gons oor Phala Phala, oftewel “farmgate”, toe miljoene dollars na bewering by pres. Cyril Ramaphosa op sy wildsplaas naby Bela-Bela gesteel is en hy glo versuim het om dit by die polisie aan te meld.

Korrupsie gedy oral en jy voel gedreineer as jy na al dié nuus luister.

Daarom is dit belangrik om ons positiewe energie te koester, sê Mari van der Merwe, ’n sielkundige van Melkbosstrand. Doen ons dit nié, kan dit ons geestesgesondheid beïnvloed en tot angs en depressie lei. “Dan kan jy nie jou eie lewe verbeter nie, laat staan dié van jou mede-Suid-Afrikaners.”

Gelukkig was daar nog altyd energiegewers om ons om hoop te gee, soos die ontslape Madiba, eerste president van die demokratiese Suid-Afrika

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE2 min read
Hulle't Ja Gesê! TOP 35
Hulle’t ja gesê vir ’n kans om SARIE se veertiende Voorbladgesig-wenner te word. Ja! om die kroon te dra as SARIE se vyfde Nuwe Gesig. Oor sewe dekades het SARIE nog altyd gespog met voorblaaie wat iets sê van die wêreld waarin ons leef en die vroue
SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■
SARIE1 min read
Koopgids
C Coricraft coricraft.co.zaCotton On 087 550 4383, cottonon.com/ZA D Daniel Hechter 021 460 2300, truworths.co.za E Eeme 082 890 3453, eeme.co.za F Famke 079 978 5058, famke.co.zaFoschini 0861 111 761, bash.com H H&M 0860 690 707, hm.com/za I It

Related