Idees

DIE WONDERS VAN WATER

My pa was sy tyd ver vooruit. Ons was seker die eerste huis op Potchefstroom wat in die sewentigerjare ‘n sauna gehad het. (Hy het ook die eerste Applerekenaar op die dorp gehad!)

Ek sien nou nog ons span Krügertjies in ‘n ry op die dennehoutbankies in ons sauna sit terwyl hy die stoom verbete met die bloekomolie-water op die gloeiende kole stook. En daarna hol ons gillend en jillend oor die groot witgerypte grasperk om in die bibberend yskoue swembad te spring. Sommer ‘n paar warm-koud-warmkoudsessies ná mekaar.

Kontrashidroterapie is deesdae die groot tendens in welstandsrituele. Dit behels watergebaseerde behandelings soos sessies in ‘n infrarooisauna of stoomkamer, ysplons en krioterapie. Gesondheidskenners kan nie genoeg goeie dinge hieroor sê nie: Om die liggaam bloot te stel aan drastiese temperatuurwisselings het allerlei fisieke voordele, soos pynverligting, verminderde inflammasie en beter bloedsirkulasie.

Benewens kontrashidroterapie het die welstandsbedryf tans ook ‘n obsessie met swem – koud, ‘wild’ (in die natuur), of kokend warm.

Soos soveel ander nuwe trends, word dit grootliks toegeskryf aan post-pandemie-ontwikkelings. Tussen 2018 en 2021 het Google-soektogte na ‘cold water swimming’ met 700% toegeneem terwyl dié na ‘wild swimming’ 145% meer is.

Daar is ‘n groeiende behoefte aan swem in die natuur – van koue see tot warmwaterbron – om fisieke en geestelike welstand

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees2 min read
Op ‘N Wolk
‘N PAAR DINGE OM TE ONTHOU: ❃ Die verhouding is eenvoudig: Weeg die eierwit, verdubbel die gewig vir die suiker en halveer dit vir die water. As jy dié verhouding onthou, kan jy enige hoeveelheid maak. ❃ Metaal- of glasbakke werk die beste. ❃ Vee die
Idees1 min read
Blokkie Blom
MOEILIKHEIDSGRAAD: maklik TYD: 8 uur ♥ denimmateriaal ♥ borduurgare ♥ borduurnaald ♥ borduurring ♥ skerp skêrtjie 1 Ons het blomme na willekeur sonder 'n vaste ontwerp op die denimmateriaal geborduur. 2 Die madeliefies is met satynsteek gedoen en Fra
Idees1 min read
Pere In Skilferkorsdeeg
Maak: 12 Bereidingstyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 20 minute Oondtemperatuur: 190 ºC ♥ 80 ml fyngekapte geroosterde amandels ♥ 50 ml suiker ♥ 2 ml fyn kaneel ♥ 6 klein, ryp pere ♥ 400 g gekoopte bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi ♥ versiersuiker, om oor te sif

Related