Huisgenoot

Sakpas met HOENDER

SAPPIGE PLATHOENDER GEMARINEER IN ROOIBOS

GENOEG VIR 4-6 MENSE / BEREIDING: 15 MIN. MARINEER: 4 UUR OF OORNAG / GAARMAAK: 1 UUR

HOENDER

500 ml (2 k) sterk rooibostee, afgekoel
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
5 cm-stuk gemmer, geskil en fyngekap
30 ml (2 e) sojasous
15 ml (1 e) heuning of suiker
1 heel hoender
olyfolie, vir smeer
sout, na smaak

SLAAI

2 groen mango’s, geskil en in dun stokkies gesny
4 stingeluie, gekap
’n hand vol koljanderblare, gekap
1 brandrissie, fyngekap

Hou ’n bakplaat byderhand. Sit ’n noupassende draadrakkie op die bakplaat en bespuit met kossproei.

1 Hoender Meng die rooibostee, ui, knoffel, gemmer, sojasous en heuning of suiker saam in ’n diep marineerbak (die hoender moet daarin kan pas).

2 Knip die ruggraat van die hoender uit, druk plat met die palm van jou hand sodat die borsbeen breek, en plaas in die marinade. Bedek en laat 4 uur of oornag in die yskas marineer.

3 Voorverhit die oond tot 180 °C. Haal die hoender uit die marinade en sit, met die velkant na bo, op die draadrakkie. Smeer die velkant van die hoender met ’n bietjie olie en geur met nog sout, indien verkies.

Rooster die hoender 40 min., verhoog

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related