Huisgenoot

KOOK MET KONVEKSIE

PORTUGESE SPOGHOENDER

Die Portugese kén van speserye! Vir dié resep maak ons ons eie speserymengsel om die hoender te geur. Die lugbraaier verseker dat die hoender sappig bly en die velletjie bros.

GENOEG VIR 6-8 MENSE

BEREIDING: 10 MIN.

MARINEER: OORNAG

GAARMAAK: 35-40 MIN.

SPESERYMENGSEL

10 ml (2 t) elk komyn-en koljandersaadjies
5 ml (1 t) elk gerookte paprika en gewone paprika
5 ml (1 t) elk vars gemaalde peper en seesout
15 ml (1 e) bruinsuiker

BOTTERMENGSEL

125 g sagte botter fyngerasperde skil van
1 suurlemoen
2 rooi brandrissies, fyngekap (opsioneel)
’n hand vol pietersielie, fyngekap
5 ml (1 t) vars of droë tiemie

HOENDER

1 heel hoender
2 knoffelhuisies, fyngedruk
5 ml (1 t) seesout
’n hand vol vars tiemie of roosmaryn (opsioneel)

AARTAPPELS

30 ml (2 e) olyfolie
4-6 aartappels, in kwarte gesny
growwe seesout

AFRONDING

1 rooi-ui, in ringetjies gesny
vars pietersielie
suurlemoenwiggies

1 Speserymengsel Rooster die komyn-en koljandersaadjies in ’n droë pan tot geurig. Maal rofweg fyn in ’n maler. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Afrikaans Ensovoorts
Wat is dit wat van lasagne lasagne maak? Dié gewigte vraag is vandeesweek geopper toe ons die kosblaaie moes versorg. Kan Huisgenoot in alle erns voorgee ’n bak vol doughnuts (sien bl. 29) kan deel wees van die versameling dinge wat ons lasagne noem?
Huisgenoot1 min read
Furiosa: A Mad Max Saga
Daar is gewoon party flieks wat slegs tot hul reg kom op ’n groot skerm in ’n rolprentteater. Furiosa: A Mad Max Saga, wat tans in teaters draai, is een. Dié treffer met bekendes soos Anya Taylor-Joy in die hoofrol as Furiosa en Chris Hemsworth as Dr
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Marguerite Van Eeden
Wat is geluk vir jou? ’n Lekker Vrydagaand by die huis met pelle, my kêrel (nou haar man!), my ouers en ’n bietjie braai. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Fotografie. Ek hou baie van troues afneem. Waaroor is jy spyt? Ek probeer om nie spyt te

Related