Landbouweekblad

Van wildplaas tot toeristehemel

Daar kan nie genoeg klem gelê word op die gasvryheidsafdeling van die wildbedryf nie, sê Richard York, uitvoerende hoof van Wildbedryf SA (WRSA). Jag is lankal nie meer die enigste doel van internasionale trofeejagters wat safari’s na Suid-Afrika onderneem nie. “Dit is net ’n deel van die Afrika-ervaring waaraan die jagter se hele gesin die afgelope klompie jare ál meer meedoen.”

Jag is dikwels die trekpleister en die jagbestemming is in die meeste gevalle die eerste indruk wat besoekers uit die buiteland van Suid-Afrika kry. Daarom moet dit ’n wêreldklas-ervaring wees, sê Richard.

WRSA is nou betrokke by die bemarking van jagbestemmings onder plaaslike en buitelandse jagters. WRSA is juis ook besig om ’n aanlyn platform vir besprekings te ontwikkel omdat baie van die ander verblyfbesprekingsplatforms nie kliënte toelaat wat op hul eiendom laat jag nie.

Hoewel wetgewing vereis dat jagters uit die buiteland wat nie in Suid-Afrika woon nie, hul jagtog deur ’n jagondernemer bespreek en dat hulle tydens die jag deur ’n beroepsjagter vergesel moet word, is daar baie wildplase wat ook ekotoerisme aanbied. WRSA hoop om besprekings vir sulke besoeke deur die nuwe platform moontlik te maak.

Omdat safari’s na Afrika deesdae as gesinsaktiwiteite beplan word, is dit belangrik vir jagondernemers om meer as net hul bestemmings te bemark. Toere wat besoekers in staat stel om dele van Suid-Afrika te sien

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit
Landbouweekblad7 min read
Dekgewasprentjie Word Ál Duideliker
Die strategiese gebruik van dekgewasse as deel van herlewingslandbou om grondgesondheid te herstel en gevolglik grond se vrugbaarheid en produktiwiteit volhoubaar te bevorder, kry die afgelope tyd baie aandag. As Barenbrug Suid-Afrika se verkoopsbest
Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding