Vat so, jou stinkbesie!
“Om die tweekolstinkbesie se skade in boorde te bestuur, moet ’n mens maar chemikalieë gebruik.” Dít is gewoonlik die antwoord wanneer makadamiakwekers oor hul afhanklikheid van chemiese produkte vir plaagbestryding praat.
’n Maatskappy van Limpopo, Agnito Technologies, bied nou ’n biologiese hulpmiddel om die gebruik van chemiese plaagdoders aansienlik te verminder in ’n geïntegreerde plaagbestrydingprogram. Dit 1 geïdentifiseer. Dit is geïsoleer vanuit makadamiaboorde by Tzaneen, maar kom ook in Mpumalanga en KwaZulu-Natal voor.