Klein bakkie met ’n sonpaneel
’n Mens het nie Eskomkrag nodig om dié klein elektriese voertuig se battery te laai nie – doen dit sommer in die ry met ’n sonpaneel op die dak. Tiaan Botha van Etec, ’n onderneming van Mashishing in Mpumalanga, vertel toe beurtkrag ernstige afmetings begin aanneem, het hy besluit om die voertuie wat hulle bemark, van sonpanele te voorsien sodat boere meer onafhanklik kan wees. Die voertuig van R91 425 waarby hy staan, is toegerus met ’n loodsuurbattery (wat maklik met ’n nuwegenerasiebattery vervang kan word) wat hom 30-40 km ver kan laat ry. Danksy die sonpaneel is afstand in die dag nou relatief. Dit wek 395 watt op om die enjin van 1;.