Manie
Manie wil sy hoed afhaal vir Mooketsa Ramasodi, direkteur-generaal van landbou, en sy span se besluit om die gesprek oor die meesterplan vir die landbou en landbouverwerking te heropen om dit meer “inklusief en prakties werkbaar” te maak.
Verskeie organisasies, soos die netwerkorganisasie Saai, TLU SA, Wildbedryf SA, die nasionale werkgewersorganisasie (Neasa) en verbruikersorganisasies wat by die aanvanklike ontwikkeling van die plan uitgesluit is, het begin met ’n alternatiewe plan wat volgens hulle meer op ekonomiese beginsels geskoei is.
Op ’n onlangse vergadering